top of page
  • Wat is die verskil tussen 'n klastoespraak/praatjie en 'n redenaars toespraak?
    Klastoesprake is gewoonlik korter, bietjie meer informeel en het net twee hoofpunte. Klastoesprake het nie landswye alleenreg nie, maar ons verseker dat daar nie duplikaat toesprake in dieselfde skool sal wees nie. Ons redenaars toesprake voldoen aan al die ATKV se vereistes, ons fokus daarop dat die toespraak nie te lank of te kort is nie en daar word baie aandag aan die bronne gegee. Redenaars toesprake het landswye alleenreg vir die betrokke jaar.
  • Sal ek dieselfde redenaars toespraak as iemand anders kry?
    Glad nie! Ons beleid is om vir elke leerder 'n unieke redenaars toespraak te skryf, wat by hom/haar pas. Daarom stuur ons aan die begin vir leerders of hulle ouers 'n vraelys om vir ons in te vul. Dit verseker dat die toespraak op hulle gemik is. Klastoesprake het nie landswye alleenreg nie, maar ons verseker dat daar nie duplikaat toesprake in dieselfde skool sal wees nie. Dit is nie moontlik om met 'n klastoespraak aan enige kompetisie buite julle skool deel te neem nie, aangesien alleenreg nie op hierdie toesprake gewaarborg is nie. Die risiko bestaan dan dat leerders met dieselfde of soortgelyke toesprake mekaar kan raakloop.
  • Kan ek die toespraak hergebruik of vir iemand anders aanstuur?
    Al ons toesprake se reg van gebruik verval na die betrokke jaar. Sê jou sê Redenaars neem dan weer die reg terug en kan toesprake gebruik soos nodig. Toesprake mag dus nie deur leerders hergebruik word of vir enige iemand anders gestuur word nie. Hierdie verseker ons alleenreg en sorg dat kinders nie verneder en diskwalifiseer word wanneer hulle aan 'n kompetisie deelneem teen leerders met soortgelyke toesprake nie.
  • Kan ons later besluit om met 'n klastoespraak aan 'n redenaars kompetisie deel te neem?
    Dit is nie moontlik om met 'n klastoespraak aan enige kompetisie buite julle skool deel te neem nie, aangesien alleenreg nie op hierdie toesprake gewaarborg is nie. Die risiko bestaan dan dat leerders met dieselfde of soortgelyke toesprake mekaar kan raakloop. Ons raai julle dus sterk af om klastoesprake te gebruik om verder te gaan, aangesien dit ongelooflik vernederend vir altwee die leerders sal wees. Dit is nie 'n kans wat ons wil waag nie, en sal julle eerder aanmoedig om 'n nuwe REDENAARS TOESPRAAK te bestel wat wel ALLEENREG het indien julle later besluit om te kompeteer.
  • Hoe lank gaan ek vir die toespraak moet wag?
    Klastoesprake: Die toesprake is altyd korter, en julle sal nie sommer langer as 'n week daarvoor wag nie. Redenaars toesprake: Hierdie toesprake verg baie navorsing en aandag, dus neem dit natuurlik langer om te skryf. Ons versoek dus dat julle ons minstens drie weke kennis gee, voor die toespraak gelewer moet word. Ons wil seker maak die toesprake is op 'n hoë standaard. Tydens ons besige tye (November - Februarie) vereis ons dat toesprake tydig bestel word, om druk van ons en die leerders af te haal. *Hou asb die 'spam' leêr dop aangesien die toesprake soms daarin beland wanneer ons dit aanstur.
  • Sal julle ons kan help met 'n noodtoespraak?
    Ons sal altyd ons beste probeer om te help, alhoewel daar ekstra koste verbonde daaraan mag wees. Indien ons baie besig is en 'n lang waglys het, bestaan die kans dat ons ongelukkig nie sal kan help met 'n toespraak nie. *Ons gebruik ons eie diskresie om te bepaal wanneer 'n noodtoespraak van toepassing is.
  • Skryf julle in Afrikaans en Engels?
    Ja, ons skryf vir Afrikaanse en Engelse leerders en tweede taal sprekers. Ons skryfspan is Afrikaans, maar ons doen baie moeite wanneer ons 'n Engelse toespraak skryf, sodat ons weet dat dit ook op 'n hoë standaard is.

Sê jou sê Redenaars se vrywaringsklousule:

Ons wil verseker dat die redenaars toesprake gepas is vir elke leerder wat dit moet voordra.

Tydens die bestelling stuur ons vir julle 'n vraelys aan wat vir ons 'n beter idee gee oor die

leerder en hulle belangstellings. Hiermee vereis ons ook dat julle 'n beredenerende onderwerp

en 3 hoofpunte/argumente formuleer en vir ons aanstuur. 

Indien julle vir ons vrye teuls gee ten opsigte van die tema, onderwerp en argumente,

sal ons skryf soos wat ons goed dink, en kan ons ongelukkig nie verantwoordelikheid

aanvaar indien die toespraak nie by die leerder pas nie. 

Ons sal graag enige aanpassings maak wat vereis word, maar sal

nie 'n toespraak se argumente kan verander of herskryf nie.

*Laat weet ons asb ook indien daar iets is wat ons nie by die toespraak moet insluit nie,

bv moet asb nie vir Ouma noem nie of sosialisering is 'n sensitiewe saak

bottom of page