Wat maak ons anders?
Ons toesprake is bekkig en bekostigbaar. Die tip-top skryfspan is super-sterk en het jare se kennis met die skryf en beoordeel van redenaars en debat toesprake agter die blad.
Ons skryf volgens die riglyne van die ATKV, so jou redenaars toespraak sal vir 'n feit aan al die volpunt-vereistes voldoen. Dit is 'n feit soos 'n koei, elke toespraak het 'n goeie inleiding, drie sterk hoofpunte met drie tot vier gesaghebbende bronne, en 'n slot nodig.
Daar is riller stories daar buite oor leerders wat rooi-gesig by 'n kompetisie
gestaan het, omdat hulle duplikaat toesprake gehad het.
Geen daarvan by Sê jou sê Redenaars nie!
Ons skryfspan staan gereed om vir elke liewe leerder, individuele redenaars
toesprake te skryf, wat op hulle ouderdom en persoonlikheid gemik is.
Met die groet en ontmoet van nuwe leerders of hulle ouers, stuur ons vir julle 'n vraelysie om in te vul, sodat ons kan seker maak die toespraak bevat iets persoonliks van jou.
Ons wil verseker dat die redenaars toesprake gepas is vir elke leerder wat dit moet voordra. Tydens die bestelling stuur ons vir julle 'n vraelys aan wat vir ons 'n beter idee gee oor die leerder en hulle belangstellings.
Hiermee vereis ons ook dat julle 'n beredeneerende onderwerp en
3 hoofpunte/arggumente formuleer en vir ons aanstuur. Indien julle vir ons
vrye teuls gee ten opsigte van die tema, onderwerp en arggumente,
sal ons skryf soos wat ons goed dink.